Twee dae in Mei
By: | Jaco Fouché |
Publisher: | Penguin Random House South Africa |
Print ISBN: | 9781415200339 |
eText ISBN: | 9781415204443 |
Edition: | 1 |
Copyright: | 2011 |
Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Enige dag in Mei is ʼn min of meer goeie dag vir die optimistiese mense met wie jy in hierdie boek twee dae saamloop. Jy kry hulle by Alkoholiste Anoniem in Belville, want dis wat hulle is: mense tot in hul kern aangetas deur alkahol. Is respektabel en verdraagsaam beter as dronk en los soos voorheen? Vir Elna is dit. Net soos ʼn klein maar tevrede lewe nou vir Robert skei van die onnoembare daad in sy verlede. Robert wil vanuit sy allenigheid na Elna reik, maar dis nie te sê hy kom by haar uit nie. Jim, weer, is ʼn allemansvriend, gesellig by Elna se dogter ingekruip. Maar hy drink steeds en sal moet fyntrap. Mens dans te lossies as jy lig getrek is. Aangewese op mekaar beweeg dié handjievol deur twee dae en nagte van hul lewe, soos enkelliggies in die groot ligtelaaie van die stad. Werk, speel, kwel, hoop ... In die pynlikste aansprake op geluk lewe elkeen aan die rand van ʼn swart kolk in hul bestaan. Vlymskerp waarnemer, ragfyn tekenaar - Jaco Fouché is ʼn vakman wat jou hart ongesiens kan breek, Twee dae in Mei is die derde roman van dié bekroonde Bloemfonteinse skrywer.